HSD RUGBY - MARIUS SCHOEMAN 7's

Ons Durbiebonders het die naweek van die 31ste Augustus 2024 gaan inloer by die Marius Schoeman 7s toernooi by Paarl Gimnasium en ons spelers trakteer met burgers en boerewors rolle.

HSD TONEEL

Baie geluk aan HSD se toneelstukke “Weg” en “Kampsaam” wat 1ste en 3de plek behaal het by die ATKV Pronk Podium toneelfees wat aangebied is by Hoërskool Durbanville.

Die HSD Durbiebond het vir die regisseurs ‘n wynprys geborg van Durbanville Wynvallei vir die week.

HSD ORKES

Die HSD Durbiebond het onlangs navraag ontvang vir hulp vanaf ons orkes vir hul opkomende toer. 

Ons uitvoerende komitee het na gesprekke geluister om hul behoefte te bepaal en daarna besluit om ‘n bedrag van R50 000 aan hul te skenk.

Ons is dankbaar en bevoorreg dat ons sulke uitstekende program soos HSD orkes kan help.

SGOS LUGVERSORGERS

Die HSD Durbiebond het navraag ontvang vanaf die SGOS vir lugversorgers in hul kantore.

Die SGOS bied op ‘n daaglikse basis vir die leerders van HSD hulp aan in die vorm van bystand hetsy emosioneel, met vakkeuses of beroepsopsies.

Die projek ter waarde van R50k was voltooi deur OUD-DURBIE Francois Bleuler (MX’85)

SARAH THERON MUSIC ROOM

Die HSD Durbiebond voel geëerd om deel te wees van initiatiewe soos Sarah Theron se “Music Room”. Sarah is betrokke met HSD kultuur leerders in die vorm van sang en musiek ekstra klasse en het dus ‘n impak op ons leerders se kultuurdrome . Die HSD Durbiebond het dus die geleentheid aangegryp om spyseniering vir die aand ter waarde van R2 250 te borg.

HOË PRESTASIE SENTRUM

Die HSD Hoëprestasie Sentrum (HPC) plaakonthullingsplegtigheid, amptelike opening en bedanking aan alle rolspelers het in 2022 plaasgevind.
Dankie aan die vele borge, donateurs en diens- produkverskaffers wat hierdie fantastiese fasiliteit die lig laat sien het.
In besonder wil ons alle betrokke DURBIEBOND lede bedank vir jul ruim bydraes #saammaakonsnverskil.
Aan almal teenwoordig, van ons fisioterapeute tot kondisionerings afrigters en spesiale gaste, borge, mnr. Coenie Venter (skoolhoof), die HSD beheerliggaam en HSD DURBIEBOND stigterslede ‘n hartelike dankie.
Dankie mnre. Conrad en André Loubser vir julle verduideliking van die apparaat werking.
Mag hierdie fasiliteit en aanwending daarvan deur die opvoeders/afrigters die skool se aktiwiteite en alle sportkodes tot groot hoogtes aanspoor.
Dankie Freddie Brooks vir jou volgehoue ywer met, en bydrae tot jou Almamater se sukses. Jou insette is merkwaardig.

WAARDEPILARE

Oop hande en warm harte vir HSD.
Ons KLAS van ’83 het onlangs hul 40 jaar matriekreünie gevier en gehoor gegee aan van ons skool se behoeftes soos deur Mnr Coenie Venter (skoolhoof en HSD DB Ere-President) oorgedra was.
Dankie aan ‘n spesiale ’83 klasmaat wat namens die hele groep en die DB R15 000 geskenk het om die 2023 Matrieks (40 jaar protégés!) se WAARDEPILARE projek te verwesenlik.
Diensbaarheid, Uitnemendheid, Respek, Balans, Inklusiwiteit en Eienaarskap is die ses waardepilare van ‘n D.U.R.B.I.E.
Voorts het die feeskomitee en KLAS van ’83 ook hul surplusfondse van die reünie-reëlings ter waarde van R9 500 via die HSD DURBIEBOND aan die skool geskenk vir diskresionêre aanwending.
Dankie aan almal van 1983 vir jul onbaatsugtige bydrae deur die jare.
Die reünie-naweek was ‘n reuse sukses in alle opsigte.
Aan alle ander Oud-Durbies, kom maak saam ‘n verskil

Skootrekenaars Skenking

Weereens te danke aan die HSD DURBIEBOND se wye netwerk van ondersteuning en toegewyde lede.
 
Dankie aan Oud-Durbie en Durbiebonder Gerhard Cruywagen (M’93) vir jou maatskappy, PC LAPTOPS se ruim bydrae tot ons skool se Rekenaarstudie Departement.
Gerhard se eggenote Rochelle is ook ‘n Durbiebonder en Oud-Durbie (M’97)
Weldoeners soos hierdie vergemaklik die opvoedingstaak van ons leerkragte aan ons leerders aansienlik.
 
Mnr Christiaan Landman (Rekenaarstudie onderwyser by HSD) verseker die korrekte aanwending van die items en dit is onder andere te danke aan sy uitreik na die DURBIEBOND dat hierdie skenkings plaasvind.
 
Ondersteun gerus die HSD DURBIEBOND se ondersteuners en weldoeners. Besoek die onderstaande webtuistes om jouself te vergewis van die betrokke maatskappye of skakel met die DB vir verwysings.
 
 
Die skenking van skootrekenaars ter waarde van R60k plus word opreg waardeer, Dankie Gerhard.

Skootrekenaar Skenking

Dit is altyd vir die HSD DURBIEBOND ‘n voorreg en plesier om ‘n bydrae tot die ontwikkeling van opkomende individue, die skool en ons gemeenskap te maak.
 
Sulke bydraes is selde moontlik sonder die bystand van ons DURBIEBOND ondersteunings netwerk.
Thank you Stuart Stokes and https://avatec.co.za/ for your answer to our plight in assisting a driven and passionate learner.
 
Op die meegaande foto oorhandig Desiré Hinze (HSD DB Admin) die skootrekenaar aan mnr Christiaan Landman, ‘n Onderwyser van HSD se Rekenaarstudie Departement wie hierdie behoefte onder die HSD DURBIEBOND se aandag gebring het.
 
342023212_1709113792884174_6151021819476814089_n

Senior Rugbyspelers

Daar is ‘n paar weke gelede onder die HSD DB se aandag gebring dat daar ‘n finansiële behoefte by van ons senior rugbyspelers is t.o.v. toerkostes na die Noorde gedurende die opkomende skoolvakansie.
Die HSD DB se informele DB Saketafel bestaande uit ‘n klein groepie plaaslike sakelui, het sonder om te skroom die vereiste fondse oornag bewillig met die versoek dat dit uitsluitlik tot hierdie behoefte aangewend word. In die proses verseker ons dat ontwikkeling en geleenthede nie tekort skiet binne die huidige HSD DB sisteme nie.
Die fondse is via die HSD DB aan die skool kanaliseer.
Dankie aan al ons “TAFELAARS” vir jul spontane bydraes.

Keppie Oorhandiging

Die HSD DURBIEBOND het as ‘n gebaar van ondersteuning aan die senior Netbal en Rugby bestuurspanne keppies oorhandig vir hul opkomende toere.
Voorspoed aan al ons DURBIE Netbalspelers (Jnr en Snr spanne), afrigters, bestuur en ondersteuners met jul toer na Afrikaans Hoërmeisieskool in Pretoria.
Voorspoed aan hul Rugby eweknie vir die toer na die Noord/Suid toernooi in Pretoria asook die Paastoernooi by King Edward School in Johannesburg.
T.E.A.M (Together Everyone Achieves More)

Clivia Plantjies

Verkeersirkel

Gooisirkel Beton

Mis strooi rugbyvelde

1ST XV Rugbykleedkamers

Wetenskaplike Sakrekenaars vir HSD Leerders

Gedenktuin naamborde vir SAPS

Laai en vervoer van geborgde toerusting vanaf HSD na Fisantekraal Hoërskool

Vervoer klimraam vanaf HSD en installeer by Valley Primer

DONASIE AAN TONEEL VIR ATKV FINAAL

Die HSD DURBIEBOND het vandag die HSD Toneelgroep gaan voorspoed toewens met hul deelname aan die ATKV finaal in Gauteng.
Die HSD DB staan die groep by met hul onkostes wat dit moontlik maak vir almal wie hard gewerk het om deel te wees van hierdie ervaring.
Dankie aan elke lojale DB lid en betrokkene. ‘n Besondere dank aan William Waugh(DB Lid) en AfriForum vir jul spesiale bydrae. Sonder almal se insette is dit nie moontlik nie.
Hulle vertrek 1/10/23.
“BREAK a LEG” Supersterre!!!
Hoërskool Durbanville Freddie Brooks #hsdsedert1827 #trotshsd #trotsdurbiebond #ouddurbie #produrbie #durbienet

Huis Aristea Donasie

Ondersteun ons en #maaksaamnverskil aan ons skool- en omliggende gemeenskap.
Dit is vir die HSD DURBIEBOND ‘n voorreg en plesier om ‘n bydrae te kan maak tot Huis Aristea en ons vorige generasies se welsyn.
Indien iemand ‘n verdere bydrae via die HSD DB wil maak kontak gerus ons kantoor by admin@durbiebond.co.za of +27637670813
DURBIEBOND NPC
FNB: 62907203525
Verw. Naam/Aristea

DONASIE AAN HSD KOOR VIR ATKV APPLOUS

Die HSD DURBIEBOND het dmv ons ewig-groeiende netwerk fondse beskikbaar gestel aan ‘n 106 koorlede se toerhemde vir hul ekskursie na die ATKV Applous finaal.
Op die fotos is Ernst Koen (HSD Durbiebond) met die oorhandiging van die hempies aan juf. Maria Rademan-Viviers (HSD Koormeester), van die koorlede en mnr. Coenie Venter (HSD Skoolhoof) wie die toergroep sal vergesel. Mnr Coenie wys op die een foto dat hul gees reg is om hierdie ‘n onvergeetlike gebeurtenis te maak.
Baie dankie en groot waardering vir al die Bonders wie hierdie bydrae moontlik gemaak het. Die befondsing maak dit moontlik om behoeftige leerders ook die toer te laat meemaak.
Voorspoed aan ons Koor met hul deelname. Reis veilig en maak mooi herinneringe.

BREERANDHOEDE AAN HSD RUGBY AFRIGTERS

Die HSD DURBIEBOND is onlangs na ‘n sosiale funksie van die OOK (Rugby), afrigters en rugbyouers genooi om saam te gesels om die braaivleisvure.
Daar is dmv lojale DB lede se befondsing, DB breërand sonhoede aan die afrigters oorhandig. Dankie Stephan Cruywagen Dick Alan Koekemoer Louis Van Den Berg Nico Louw.
Voorspoed aan ons rugbyfamilie met die oorblywende helfte van die seisoen.
Stay focused and stick the game plan Boytjies.