FINANSIËLE GELETTERDHEID

In ‘n eerste vir ‘n publieke skool in die Wes-Kaap, loods Hoërskool Durbanville in samewerking met Citadel hierdie jaar ‘n program in finansiële geletterdheid vir ons graad 10 en 11 leerders.

Deur ‘n reeks van 10 aanlyn modules gaan ons leerders kennis maak met die basiese beginsels van die finansiële wêreld en die lewensvaardighede wat elke individu benodig om verantwoordelik met hul persoonlike finansies te werk.

Baie dankie aan DURBIEBONDER Wilhelm Söhnge (Oud-Durbie M’85) vir hierdie unieke inisiatief. Wilhelm is ‘n Adviserende Vennoot by Citadel Tygervallei.

Vandag se leerders is môre se leiers. Spoor ons leerders aan om hierdie inisiatief te ondersteun.

@citadel @hoerskooldurbanville

#hsdsedert1827 #trotshsd #trotsdurbiebond #ouddurbie #produrbie #durbienet