SKOOTREKENAAR SKENKING

Dit is altyd vir die HSD DURBIEBOND ‘n voorreg en plesier om ‘n bydrae tot die ontwikkeling van opkomende individue, die skool en ons gemeenskap te maak.
 
Sulke bydraes is selde moontlik sonder die bystand van ons DURBIEBOND ondersteunings netwerk.
Thank you Stuart Stokes and https://avatec.co.za/ for your answer to our plight in assisting a driven and passionate learner.
 
Op die meegaande foto oorhandig Desiré Hinze (HSD DB Admin) die skootrekenaar aan mnr Christiaan Landman, ‘n Onderwyser van HSD se Rekenaarstudie Departement wie hierdie behoefte onder die HSD DURBIEBOND se aandag gebring het.
 
342023212_1709113792884174_6151021819476814089_n

OUD-DURBIE PRESTEER

Die HSD DURBIEBOND is saam met ons skool trots op prestasies van Oud-Durbies. Albert Louw (M ’16) het onlangs met sy besondere atletiese vermoë ‘n wêreldrekord van 1,52m vir ‘n “Seated Box Jump” verbeter tot 1,54m. Sien videogreep. Albert het ondanks ‘n ernstige enkelbesering gedurende laasjaar volhard met sy voorbereiding vir hierdie suksesvolle poging.
Die Guinness World Record organisasie sal binnekort Albert se rekord bevestig om amptelike erkenning aan sy prestasie te verleen.
Ons is trots op jou Albert en sterkte met jou voorbereiding vir die “Standing Box Jump” se rekordpoging.

RUGBY: HSD vs. Boishaai

Die fondasies vir ons skool se vooruitgang in alle kodes is ferm in plek.
Volhoubaarheid is die wagwoord.
Hou aan saam ‘n verskil maak!
HSD vs. Paarl Boishaai

SENIOR RUGBYSPELERS

Daar is ‘n paar weke gelede onder die HSD DB se aandag gebring dat daar ‘n finansiële behoefte by van ons senior rugbyspelers is t.o.v. toerkostes na die Noorde gedurende die opkomende skoolvakansie.
Die HSD DB se informele DB Saketafel bestaande uit ‘n klein groepie plaaslike sakelui, het sonder om te skroom die vereiste fondse oornag bewillig met die versoek dat dit uitsluitlik tot hierdie behoefte aangewend word. In die proses verseker ons dat ontwikkeling en geleenthede nie tekort skiet binne die huidige HSD DB sisteme nie.
Die fondse is via die HSD DB aan die skool kanaliseer.
Dankie aan al ons “TAFELAARS” vir jul spontane bydraes.

Dankie HSD vir die blootstelling aan die HSD Durbiebond. Ons is trots op ons wapen en waarvoor dit staan, asook op die assosiasie en ons vennootskap met die skool.

DURBIEBOND KEPPIE OORHANDINGING

Die HSD DURBIEBOND het as ‘n gebaar van ondersteuning aan die senior Netbal en Rugby bestuurspanne keppies oorhandig vir hul opkomende toere.
Voorspoed aan al ons DURBIE Netbalspelers (Jnr en Snr spanne), afrigters, bestuur en ondersteuners met jul toer na Afrikaans Hoërmeisieskool in Pretoria.
Voorspoed aan hul Rugby eweknie vir die toer na die Noord/Suid toernooi in Pretoria asook die Paastoernooi by King Edward School in Johannesburg.
T.E.A.M (Together Everyone Achieves More)

CLIVIA PLANTJIE PROJEK

🌱 Op die foto oorhandig ons HSD DURBIEBOND Hoof: Administrasie, Desiré Hinze die fonds ten bedrae van R10 400.00 aan Freddie Brooks, Hoof: Sport en Bemarking Hoërskool Durbanville.

Dankie aan almal wat bygedra het tot die CLIVIA PLANTJIE projek en ‘n besondere dankie aan Iwan Tolken (Oud-Durbie M ’83) vir die beskikbaarstelling van die plantjies en aan Hilda Rossouw Thomson (DB Stigterslid en Oud-Durbie M ’83) vir haar ywerige hantering en verkope.

Sluit aan by die HSD DURBIEBOND en #maaksaamnverskil.
www.durbiebond.co.za/lidmaatskap/
https://pay.yoco.com/durbiebond-npc

DINSDAG DEKADES

Dr. Orland Michael Firmani 

Ons poog om vanaf nou op ‘n gereelde basis bekendes/legendes van ons skool en gemeenskap her-bekend te stel op ons sosiale media platforms met ons #DINSDAGDEKADES konsep.
 
Indien daar enige voorstelle is kontak ons asseblief privaat ter oorweging by admin@durbiebond.co.za of 063 767 0813.

HSD DURBIEBOND se 1ste BESTAANSJAAR

 
Ons vier die 1ste bestaansjaar van die HSD DURBIEBOND wat amptelik in die lewe geroep was op 8 September 2021 te Diemersdal Wine Estate.
 
So baie het in hierdie kort tydjie plaasgevind en die ondersteuning vanaf Oud-Durbies, Pro-Durbies en Durbie-Net is oorweldigend.
 
Daar is reeds op vele terreine bydraes gemaak en behoeftes van die skool word op ‘n gereelde basis aangespreek.
 
Ons vertrou dat die HSD DURBIEBOND as ‘n basis van netwerking sal dien vir generasies om te kom.
 
Op die volgende 200 plus jaar!
 
1 jaar bestaansjaar Durbiebond Stigting

HSD DURBIEBOND ERE-PRESIDENT

Baie dankie aan die HSD DURBIEBOND se Ere-President en skoolhoof Mnr Coenie Venter vir jou verteenwoordiging en onvoorwaardelike ondersteuning van die DURBIEBOND.
Ons as OudDurbies, ProDurbies en DurbieNet voel bevoorreg in ons vennootskap en vriendskap met die skool en is teselfdertyd baie opgewonde oor wat die toekoms inhou onder jou leiding.
Die Bond staan bankvas agter jou, die skoolpersoneel, beheerliggaam en al die strukture wat in plek gesit word vir die daarstel van uitnemendheid by Hoërskool Durbanville.
Welgedaan met die suksesvolle en voorbeeldige deelname aan Interskole ’22.
In Mnr Coenie se eie woorde:”Watch this space”