DR ORLAND MICHAEL FIRMANI

Dit is met hartseer dat ons verneem van Dr Orland Firmani se heengaan vanoggend.
Hy is voorwaar ‘n DURBIE LEGENDE en sy nalatenskap sal verseker voortleef in almal wie se harte hy aangeraak het.
Dr Orland Firmani was ‘n heer, mentor, opvoeder, eggenoot, vader en vriend duisend, wie sy generasie ligjare voor was met sy liberale tóg gedisiplineerde opvoedingmetodes en benadering tot elke individuele karakter.
Rus in vrede Mnr Firmani.
Die HSD DURBIEBOND se meegevoel gaan uit aan Mev Lowiza Firmani, Juanita Malan (Firmani), Mario Firmani, al sy kleinkinders, agterkleinkinders en ander geliefdes.
‘n Boodskap van medelye van HSD Skoolhoof en HSD DURBIEBOND Ere-President, Mnr Coenie Venter:
In die woorde van Jan F Cilliers: “Stil, broers, daar gaan ‘n man verby, hy groet en dis verlaas. Daar’s nog maar nog één soos hy; bekyk hom goed.” salueer die Durbiefamilie ‘n merkwaardige man, ‘n legendariese skoolhoof: Dr Firmani. Ons eer sy nalatenskap. Ons aspireer sy voorbeeld. Ons is hom ewig dankbaar vir die verskil wat hy gemaak het. Rus sag en weet, ons sal Labor Ornat in die akker wat u vir ons voorberei het. Ons sal nie vergeet. Coenie Venter – Skoolhoof
#legende #trotsdurbanville #ouddurbie #produrbie #durbienet

TYGERBURGER ARTIKELS

Supersport Schools Artikels

AWSUM Artikels