BAADJIEOORHANDIGING

Die HSD DURBIEBOND het op Donderdag 24/11 ‘n skemeronthaal en terselfdertyd ‘n Baadjieseremonie by die DB klubhuis aangebied.
Die DB voorsitter Ernst Koen, het die baadjieoorhandiging aan ons nuutste baadjiedraers behartig.
Dit was vir ons as DB komitee ‘n groot voorreg om van ons lede en gaste te onthaal.
 
‘n Spesiale woord van verwelkoming het gegaan aan Mnr. Coenie Venter (DB Ere-President, skoolhoof en stigtingslid),
Dr. Marius Fourie (BL voorsitter en stigtingslid), Dick Koekemoer (BL lid en stigtingslid) en André Saaiman (BL lid en stingtingslid).
 
Dankie aan Mnr. Coenie Venter wat ook as gasspreker sy waarneming en ervaring van ons skool, die gemeenskap en
die HSD DURBIEBOND sedert sy aankoms in Durbanville met die gaste gedeel het.
Dit was besonder insiggewend.
 
Sluit aan by die HSD DURBIEBOND en kom maak saam ‘n verskil.