Die HSD DURBIEBOND is saam met ons skool trots op prestasies van Oud-Durbies. Albert Louw (M ’16) het onlangs met sy besondere atletiese vermoë ‘n wêreldrekord van 1,52m vir ‘n “Seated Box Jump” verbeter tot 1,54m. Sien videogreep. Albert het ondanks ‘n ernstige enkelbesering gedurende laasjaar volhard met sy voorbereiding vir hierdie suksesvolle poging. Die Guinness World Record organisasie sal binnekort Albert se rekord bevestig om amptelike erkenning aan sy prestasie te verleen. Ons is trots op jou Albert en sterkte met jou voorbereiding vir die “Standing Box Jump” se rekordpoging.
Dr. Orland Michael Firmani
Ons poog om vanaf nou op ‘n gereelde basis bekendes/legendes van ons skool en gemeenskap her-bekend te stel op ons sosiale media platforms met ons #DINSDAGDEKADES konsep.
Indien daar enige voorstelle is kontak ons asseblief privaat ter oorweging by admin@durbiebond.co.za of 063 767 0813.