HSD HPC Plaakonthulling
Die HSD Hoëprestasie Sentrum (HPC) plaakonthullingsplegtigheid, amptelike opening en bedanking aan alle rolspelers het Dinsdagaand plaasgevind.
Dankie aan die vele borge, donateurs en diens- produkverskaffers wat hierdie fantastiese fasiliteit die lig laat sien het.
In besonder wil ons alle betrokke DURBIEBOND lede bedank vir jul ruim bydraes #saammaakonsnverskil.
Aan almal teenwoordig, van ons fisioterapeute tot kondisionerings afrigters en spesiale gaste, borge, mnr. Coenie Venter (skoolhoof), die HSD beheerliggaam en HSD DURBIEBOND stigterslede ‘n hartelike dankie.
Dankie mnre. Conrad en André Loubser vir julle verduideliking van die apparaat werking.
Mag hierdie fasiliteit en aanwending daarvan deur die opvoeders/afrigters die skool se aktiwiteite en alle sportkodes tot groot hoogtes aanspoor.
Dankie Freddie Brooks vir jou volgehoue ywer met, en bydrae tot jou Almamater se sukses. Jou insette is merkwaardig.